H/S Dr. Malan

H/S Dr. Malan

Hoërskool Dr. Malan is ‘n Afrikaanse Hoërskool met mooi tradisies, ‘n Christelike karakter en ‘n skool waar die Dokkies die eienaars is. Akademie is ons kernbelang en Dr. Malan bied ‘n akademiese sowel as ‘n tegniese studierigting aan sy leerders. Die skool spog met topleerkragte waar ekstralesse, ekstra myle, winterskool en baie moeite deel van ons mondering is. Kom! Maak Dokkieland jou keuse en maak ‘n verskil aan sport, kultuur, leierskap en in die mense van Dr. Malan. Daar is baie geleenthede om jouself uit te leef op vele terreine. Ons wil graag in jou belê en deel van jou totale menswees aanraak en daarom is waardes vir ons Belangrik: Harde werk Integriteit Respek Eerlikheid Dissipline en Verantwoordelik is maar ‘n paar basiese waardes wat ons in ons Christelike waardesisteem uitleef. Kom kyk gerus na ons Rekke-gimnasium, sportvelde, krieketakademie, pawiljoene, rekenaarsentrums, toerusting, restaurant ens. Geesvang, interhoër, koor, redenaars, debat, seunshokkie, skaak “Classic Clashes”, Mnr. + Mej. Dokkie, restaurantaande, praataande, valentynsbal en nog baie meer is op die drumpel van jou ouerhuis. Alles is dinge wat jou as mens gebalanseerd sal vorm en waarmee jy na VYF jaar die wêreld kan instap. Maak ‘n ingeligte, intellektuele besluit en kom maak ‘n verskil in Dokkieland. Sterkte met jou laaste paar maande in die Laerskool. Ons sien jou binnekort by ons TROTSE Skool.
Leave your comment
Comment
Name
Email